Maagd (sterreteken)

Maagd (Virgo)
Die astrologiese simbool van die Maagd

Die Maagd (Lat: Virgo) is die Westerse astrologiese teken van mense wat tussen ongeveer 23 Augustus en 22 September gebore is. Dit is die sesde teken van die diereriem.

Die Maagd is een van die drie aardtekens en vier beweeglike tekens. Dis ’n vroulike, negatiewe, introverte teken en is vergelykbaar met die Haan van die Chinese diereriem.[1] Die tradisionele heerser van die Maagd is Mercurius.

Maagde kom volgens die astrologie goed oor die weg met lede van die ander aardtekens, Bul en Steenbok, asook met Krewe en Skerpioene.

  1. Theodora Lau, The Handbook of Chinese Horoscopes, pxxvii, Souvenir Press, Londen, 2005

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search